
Die windpomp slinger nog
Al wat nog kan terug gaan is my gedagtes…
soekend en dwalend oor ou verlate vlaktes,
na daar waar die wind oor sy leë vonds kla
en die son geen mens of skadu verdra.
Dan vra jy my wat soek ek daar
want die verlede en hede dáár, is so klaar –
maar my hart slinger nog die windpomp
wat diep in die aarde nóg lewend klop.
Hy lê nog op die stoep in die stof
en loer na die einders doer ver en dof,
kuier nog tussen roes rooi son sakke
wat ou’laas knipoog oor al die sink dakke.
Nou sit ek hier in totale grysheid,
duur “betaal” vir al die wysheid…
met ‘n foto van ons vergane jonkheid
op my skoot – vergeel ‘n glimlag in sy stomheid.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig Cornien