Jongste aktiwiteit:

Jou Glimlag

Jou Glimlag

Jou glimlag laat my dink
aan die aand wat my oë jou die
eerste keer gesien het
en my hart omgetiep en
op jou ritme begin klop het.

Jou glimlag laat my dink
aan die eerste keer wat ons lippe
ontmoet het, om my kop
rondomtalie-mallemeule dronk te draai
en my voete te laat sweef.

Jou glimlag laat my dink
aan sonnige dae en koel someraande –
van aande in jou arms onder ‘n helder sterre-hemel
en rustige dae op ‘n bankie langs ‘n rivieroewer.

Jou glimlag laat my dink
aan jou sagte aanraking, aan jou kunstenaarshande
en aan die padkaart wat jou lippe op my lyf loop.

Jou glimlag het gekom en nes geskop in my hart
om my warm en veilig te laat voel.
Dankie vir jou glimlag in my lewe.
Yolande van Coller




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed