Notre Dame
Jy met jou sagte blommelyf
het in my lewe kom nestel
soos ‘n kuiken in die moedernes
en jou geur het in die lug gehang
en ek met growwe hande
was stomlomp
in jou sonskyn strale
en my lyf was my tronk
en deur my tralie oë
het ek jou bewonder
en soos ‘n bang kind geskrik
elke keer as jy jou hand na my reik
en terug getrek in my Notre Dame
net die klok gelui
om vir jou te sê
jy’t my hart by jou….
maar jy het meer gevra
as my kyk en verwondering…
Jou lyf het gehunker
na ‘n hand wat streel
en ‘n liggaam wat gee
en vertroetel, beskut
maar my boggelrug hart
het onkundig verwese
aan die kloktou bly hang
want jou venushart
het lankal reeds ‘n ander
gewillige vlieg gevang…
© 23/05/2011 Anton Bosch
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.