Die vrug van geduld en goedhartigheid
Die vrug van geduld
o Heer, soveel keer word my lankmoedigheid beproef
soos in soveel ander lande het ons emosies in Suid-Afrika
tydens grendeltyd wipplank gery
met die bekommernis oor ons toekoms
oor ons lewensonderhoud en toekoms wat wag
Heer, leer ons van lankmoedigheid
om moed te hou in tye van teenslae
geduldig te wees op U tyd
vol te hou, aan te hou, moed te hou
leer my om nie gou kwaad te word
om die vrug van lydsaamheid te versprei
want U het aan ons aan die kruis gewys
dat ons vrug van lankmoedigheid ryp moet word
mag ons as landgenote mekaar vergewe
lankmoedig en geduldig wees met ons naaste
en dankie dat ander my gebreke en tekortkominge
verdra en om geduldig te wees op die vrugte wat ek dra
en o Heer laat ek ook
die vrug van goedhartigheid dra
deur vrygewigheid, hulpversorging en konsiderasie
sonder enige lof of beloning
waar ek met liefde my medemens help
met die mees genesende lewenskruie wat ek kan uitdeel
my voorbeeld kan die toekoms bepaal
is dit empatie wat ek my kinders moet leer
om goedhartig en behulpsaam te wees
en om hul sielkundige welstand te verbeter
ek moenie dat my vyand honger gaan slaap nie
en as hy dors is moet ek hom na die water bring
sodat waar hy val of struikel ek hom kan ophelp
sal ek God se genade, leiding en seën verseël
ek moet gasvry wees en met die spreek van ‘n suiwer taal
sodat my goedheid se rimpeleffek God sal eer
en ek vervul sal word met die Heilige Gees
om eendag die Ewige Lewe te verseker
©kopiereg Linda du Plessis 2023
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.