Bosveldkind
Bosveldkind
Waterberge lê dorstend en wag
geen reën hier voorspel niks te verwag
maar die dreunende kranse verkondig Sy mag
wolke vat hande saam word hul een
en kom lê oor Kiepersol en Berg- Karee
en die stofreënreuk verras opnuut elke asemteug
plotsende druppels word vasgevang deur grysbruin sand
dan sien ek haar dansend kaalvoet soos ‘n kind
papsopwaternat jubelende bosveldkind
20 11 2023
Magda van der Walt
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek