Jongste aktiwiteit:

WARMSTE NOVEMBER

Dis November maand en almal tel al die dae tot kersfees.
Vir van die plaasboere en hul werkers wag ‘n stresvolle besige tyd.
Die hittegolf wat huidiglik die land se temperature in die rooi laat styg bring uiterste onuithoudbare warm dae en bitter min of geen reën. Die reën seisoen hier in die ooste van die vrystaat is gewoonlik oktober. Dan is daar reeds geplant en kan mense die rustigheid geniet om die kersseisoen.
Hierdie jaar werk dinge bietjie anders. Boere wat net op reën staatmaak se plantseisoen is deurmekaar gegooi en die droë hittegolf bring min belofte van reën.
Die mense wat wel kersinkopies kan doen ek gun elke oomblik vir julle. Vir jare eers as dieselwerktuigkundige is dit van ons kinders gesteel omdat hulle pa tot laat die vier-en-twintigste nog moes werk en nou as “jack of all trades” by ‘n boer met grondwerke hang ons kerstyd af van plant tyd.
As daar nie geplant is of klaar geplant is nie kry hy nie verlof nie. Dit is maar wat dit is en daar is min mense wat die ekstra myl sal loop.
Daar is tog ‘n paar dinge wat mense vergeet terwyl die vure hoog brand en die eerste kas bier begin leeg raak.
Dit is nie waaroor kersfees gaan nie. Het ons mense verstrik geraak in die koop sindroom van die feestyd want net die beste en duurste is goed genoeg ?
Is dit regtig so of is Jesus se liefde en genade nie kosbaarder as goud, pêrels en korale nie ?
Terwyl jy geld soos bossies uitgee is daar kinders wat net smag na ‘n bord kos.
Dan vra ek myself af waar lê my rykdom ?
Daar is iets wat God vir my wil wys in hierdie middelklas bestaan van my.
Dan glimlag ek want sien ek is ryk. Jy sal dalk lag want ek sê dan nou net my man is baie ontneem in sy lewe. Ja dit is waar, maar hy is ‘n voorbeeld vir ons kinders om te werk vir dit wat hulle wil hê.
Hy is ‘n godvresende man wat sy Here dien en sy vrou liefhet met sy hele bestaan.
Ons hoef nie iets aan die wêreld te bewys of met ons geloof te koop te loop nie want dit kan nie aan geld gemeet word nie.
My lewe is ‘n geskenk van God en dit wie ek is en hoe ek ander behandel is my geskenk terug aan Hom.
Is ons trots op wie ons is of klou die koop sindroom en eie “ek” so aan ons persoonlikhede vas dat ons gemaklik is met wat die wêreld ons bied ?
Kom ons word stil sodat ons , ons siel kan hoor. Wat sê jou hart vandag vir jou ?
Ek weet waarheen ek op pad is en daar is niks te koop nie . Alles wat mooi en opreg is en uit jou hart uitkom is die mooiste geskenk wat jy iemand kan gee. Jou tyd, jou aandag, jou liefde.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Marlene Erasmus het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak