Jongste aktiwiteit:

In Skulpland

In SKULPLAND

Hoeveel van die see wil jy

gaan jy

kan jy

sien?

In een leeftyd?

In SKULPLAND

woon krappies

met fyn vinnig bewegende pootjies

skuins-skuins skarrel hy met sy skulphuisie vorentoe.

Wat eet so n miniatuur skulpkrappie?

Hoe lank leef hy, sy lewensduur?

Die huilhartseertrane brand vir die krappie …

In n bruin papiersak saam met n klomp klippe-rotsverweringsmateriaal, en gebreekte skulpies , party al sandfyn, word een eensame, springlewendige skulpkrappie van sy natuurlike habitat weggedra na n nuwe, vreemde omgewing.

Die seediertjie eindig op op n ystertafeltjie op n stoep van wrede vakansiegangers.

Die klank van veraf golfgebreek en vrolike, gillende vakansiekinders klink soos …ja, hoe klink dit vir die krappie in die skulphuisie?




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed