Vlietende verganklikheid
Een oomblik se
ewigheid vir altyd te laat.
Die seepbel van ons saam leef een
sekond gemeet teen die tik van tyd een
enkel noot in ons lewens-simfonie een
klik van die metronoom van ewigheid een
korrel sand deur die uurglas se vloei een
druppel dou wat van ‘n roosblaar val
Een oomblik se ewigheid
ewig verby
toe
jy
deur
my
vingers
gly.
In
een
enkel
moment
‘n lewe verby.
“Waarom bly die pyn van
ons vlietende versplintering
dan v o o r t l e e f in my?”
©Evanthe 2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 - Poëtiese orde projek