Geweefde Trane
Geweefde trane
Geweefde trane vul die fondament krake van ‘n siel
kastaiings braai in die vuurherd van
my hart
sierskrif letters geskrywe met emosie ink
waar denke, hart en siel mekaar moes vind
grysgrou lê die asvaal wolk
winterswinde waai ‘n koue dood
worstelsmoor die smeul passie klaar
stomwoorde toe die laaste vuurtjie bedaar
grafsteen stiltes pluk verspilde tyd
loskop gedagtes brandmerk dagdrome
geheue se kiekies roep ‘n vergete naam
waar sierskrif letters wegsmelt saam
treurmares rondomtalie blits roman
verspeelde lentes onder ‘n volmaan
dansende vuurspoeg duiwels in donkerswart
erts geweefde trane in die hoeke van ‘n hart
© Retha Kelly
2 Kommentare
-
Inkmoderator
Goeiedag Retha, Laat ek jou eerstens welkom heet hier by die Ink-familie. Ek lees hierdie vers met dieselfde intensie as wat ek ervaar jy dit geskryf het. Van die metafore is vars en beskrywend. Ek stel tog voor jy let op die 'uitgerekte sin konstruksie' waar jy té veel inligting weer weergee. Dit klink soos harde kritiek maar ek beloof jou dit is nie. Ek gaan jou eerste stanza plaas met 'n paar aanpassings vir jou om te sien wat ek met hierdie stelling bedoel. Trane vul fondasies wat in 'n siel kraak geil braai die vuurherd van my hart waar letters is sieremosie ink en denke, hart en siel mekaar moes vind Laat weet wat jy van my voorstelle dink.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Baie beskrywende gedig. Mal oor dit.