Jongste aktiwiteit:

Kindertyd

Kinder-tyd

Die prêt as kind
vat my terug

Enola Gay speel af
soos ouds
in moeder se Opel

kersfees in Bloem
dwergies wat lewendig
word snags

piek-niek onder groot wilgerbome
army mannetjies
plaas diere
alles lewe

stofpaaie
albasters
fietsry
plakkers versamel
swem en ski

jou hond jou beste vriend
boomhuis
roomys en netbal
jou knieë nerf afgeval

dit is koor
atletiek
onder die sterremat fliek

Tetris en Mario Bros
moeder se lekker kos
waterwurm
springkasteel
naaldwerk klas
het my verveel

corn-dogs
en bus ry
padkos het jy in ‘n kosblik gekry

ons voete was hard
en ons gesigte was swart
ons harte was oop
en ons het nooit in huise geskuil

sorgeloos was ons kinderdae
wat jy nie verstaan het
het nooit gepla

liefde was nog eg
‘n soen en druk van ma
maak alles reg

die buitelug was jou huis
God jou rigting
‘n pleister en ‘n soen
het seer verbloem

die sorgelose dae
van kind wees
sal altyd binne
elkeen van ons leef.

Chantelle Holder
22 Januarie 2016
© 2016




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed