nuwe liefdedwelm
kaalgrys het ons geword
die lag van mensskedels watwou
die flikkerende klein skerm
is ‘n LED-liefdeverhouding
soos kokaïen wil ons nog meer
facebook likes-inspuitings hê
soos tik-verslaafdes het ons
leeg van binne geword
dit is ons nuwe liefdedwelm
staar ons elke dag na die LED-skerm
genoeg vir liefdemaak en werk
deur die ellendige lang dae
angstig en verlore word ons
sonder met ons liefdedwelm
terwyl ons brein stil saggies skree
en die mensskedels vir ons uitlag
ja, ons het kaalgrys geword
Kopiereg: Roeline van Schalkwyk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.