gyro
waar is bo en waar is onder
soms draai die lewe in my kop
dan moet my gyro eers weer aanpas
by ‘n nuwe rigting van oos en wes
soms van ‘n nuwe bo en onder
so moet elke mens dikwels
by verandering aanpas
vir party is dit maklik
ander vind dit moeilik
verskil kom in by
jou ingesteldheid
is jy van nature optimis
of dalk ewige pessimis
oefen maar om brille te ruil
sit vandag jou skoon bril op
waardeur jy net goed kan sien
kyk of dit nie dalk help
optimisme werk vir my
in donkerste wolkie
sien ek versigtig
Sy silwer rant
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.