spieël
die spieël is my ander ek
onlosmaak van my bestaan
wil ek sien wat ek sien
lensoë is ‘n ontbloting van siel
tot in die spilpunt van yshart
word ek verlei in wat ek glo
met die glasglimlag van my
soos rooswalm uit mond wasem
blinkbeelde hou teen my wil vas
swaar staalhande styf
soos ‘n ketting rondom my lyf
my ander ek is die spieël
©Roeline
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.