Vlugteling
My pen lê hier langs my
hy weet waarheen ek nou wil vlug
– die papier was nog nooit so wit
en ek was nog nooit so ver van nou;
in die tweede laaste reël van hierdie gedig
sal jy smeek om saam te kom
want net verby Sodom en Gomorra,
op die grens van Eden
was daar drie kruise op ‘n heuwel geplant
en agter dáárdie bult
stap Lot steeds sonder om
om te kyk
hy het vir Lazarus saam gevat.
Lucifer hou hulle statig dop
en dis juis verby hierdie seremoniele bestaan
wat ek en my pen wil vlug
want die lewe is ‘n oopeindevers
geskape en gebore uit passie.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Sjoe, wow, wat 'n besonderse gedig. 'n Groot gunsteling. Dankie.