Ou opvatting
Jou woorde is soos wind se gesuisel,
dit kom en gaan in die vergetelheid;
fluisterend kom die boodskap saam,
maar ek hoor sonder om te luister.
Uit gramskap en toorn het ontwikkel,
bitterheid, ‘n smeulende kwaadheid;
opvlieëndheid is die woorde gevoel,
waarin ‘n bose opstandigheid broei.
Verwonderd staan ek, in skok omhul,
waarom al die onnodige ergerlikheid;
en die bitter onaangenaamheid van
selfstandigheid wat moor en smoor.
Doofstom, sonder vlam, is ek gekul,
gloeiende eiewysheid as die heerser;
jou sensualiteit reik na my uit, jy wink,
is die belofte en liefde ‘n ou opvatting?
12/01/2018 © C. du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.