Augustus kantate (Silwer)
melodieë van loeiende winde
noteer diepkyk wysies
oor dik en dun teksture
toonkleure wat ons verstaan
wysies verkrummel in sleutels
met notering van ons sonate
halfnote vervaag op deinsende notebalke
draai-swaaiend in weense walse
romanties tergend
met swaaie van weskus draaie
akkoorde vibreer in jou stemvurk;
in klankkleure breek ons lente aan
kreukeloud was herfs versadig
effe jaloers op ons seisoen
die laaste blaarval teveel
sy totsiens winderig diep
huppelend in harmonie
neurie ons lente se noteleer
© Francois Meyer (Gedagtes)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2023 – Musiek projek