Jongste aktiwiteit:

musieknootsaaier (goud)

as jy, juis jý

sterstof met die bakkie

van die sekelmaan

kon gaan skep

 

die stof uitsif en eureka!

musieknote ontdek

 

dit vanuit die hemel

met wye swaaie saai

om in vrugbare musikale

sfere te gaan hang

 

dán sal noot-argitekte notebalke vul

kore en soprane begin sing

 

die mooiste musiek sal

die melkweg en aarde vul

maar steeds sal jy twyfel

en verdwaas vir my vra…

 

is dit regtig note uit mý hand

wat ‘n hele heelal laat sing?

neologisme:  noot-argitekte – musiekskrywers




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed