Jongste aktiwiteit:

Wat vir ‘n TOWERY

TOWERY

Midde-in die diepste winter waat ‘n knapie deur sneeu wat hom tot aan die heupe reik. Hy kry bitterkoud en soek êrens ‘n skuilplekkie tussen die bome van die woud. Net as hy uitgeput wil neersak, gryp hom ‘n klein mannetjie onder die arms en trek hom in ‘n donker gat tussen die wortels van ‘n denneboom in. Dis ‘n klabouter, ‘n vriendelike woudgees, wat hom tot voor die vuur sleep en met sy eie omhang toedek. Dan soek hy verskillende kruie uit en begin om ‘n skotteltjie sop op te toor. Hy kyk oor sy skouer as die seun stadigaan kreungeluide begin maak, en sien dat die kind op sy vingers blaas.

„Wat maak jy daar, mensekind?” wil hy weet.

„Nee, my vingers is koud en ek blaas daarop om hulle weer warm te kry,” kom die antwoord.

As die sop lekker gaar is, kan die seun dit glad nie inkry nie, dis so warm, en hy blaas oor die sop in sy lepel.

„Wat maak jy daar, mensekind?” vra weer die klabouter.

„Die sop is te warm, en ek blaas daarop om dit af te koel . . .”

„Eers blaas jy as dit te koud is, en dan blaas jy as dit te warm is! Watse toordery is dit? Uit hier! Uit uit my woning! Weg met jou!”

©5e.Augustus2017_______…ooOoo…________(10 Sep 2014) tje




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed