die kleur van geweld
eeue het verby gegaan
oor my duin hang daar mis
nie alles is duidelik sigbaar nie
vanuit die ooste kom rookwolke
stinkende rookwolke vol kieme
gesigmasker kan dit nie demp
oor die see is daar geweld
geweld wat geweld stook
geld van onder tafel
wat onrus stook
tussen rasse
wat dae
tevore
nie eers
genoem was
soos kouefronte
ysige koue voortbring
so bring die opstoking
van emosionele massa
meer gewelddadigheid
verwoesting en dood
soos propaganda
is geweld steeds
gekoppel aan
kleure
die
kleinste
vonkie ontsteek
die opgeboude
gas reservoir
deur duiwel
opgegaar
daardie
duiwel
het ook
‘n neon
kleur
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.