Uurglas #silwer
Uurglas
By geboorte ontvang ek ‘n uurglas
‘n uurglas geseël, waar ek geen sand kan bylas
kan bylas by my lewenslyn
lewenslyn wat bestaan uit vreugde en pyn.
Pyn wat die Seun verduur het vir my ewige lewe
lewe in die vorm van korreltjies sand
sand van liefde wat ek oor ander kan
uitgooi
uitgooi om vreugde en omgee te laat groei.
Groei gee rede om aan te hou probeer
probeer om elke dag iets nuuts te leer
te leer hoe om die lewenstrepie te leef
te leef al loop die lewe skeef
skeef of te not, my sandjies of strepie word bepaal deur my Heer.
Christa Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek