Stilte Spore
Stilte Spore
Duine vou soos ou seegolwe,
in goue stilte wat nie skree nie.
Sand strek wyd oor asemgrond —
vlaktes wat lank onthou.
Gemsbok sny deur vlammende lig.
Sonder haas.
Geen parade.
Oorlewing op bene.
Trop volg,
klank gesluk deur sand.
Skaars ’n spoor.
Beweging sonder vertoon.
Kameeldoringboom,
bleek en uitgetrek,
klou droë takke aan die hemel
niks meer om te gee.
Bergrûe leun,
teen die rand van die wêreld,
stil en swaar in hitteflikker —
klip en wind praat stadig.
En die wind draai.
Trek patrone teen die hange,
vee spore toe
sonder om dit te vernietig.
Ek onthou,
stilte
wat staar
en nooit vergeet nie.
© Paul S Venter (2025)
2 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Jou beskrywing van die duine en sand is onbeskryflik mooi.