genoot
slegs die dowe oor kan sien
wanneer skimme in sy donker woud
met dofsware plof hulself deur sy woud ploeg
met glimmende swaarde wat bloedbedrup
flitsend knars deur lang grassade
van gister en vandag se dade
meer as halwe eeu se kerse
verloop in sy duister, dowwe verse
waar troubeloftes en beloftes van trou
voor God en die mens uitstaan
soos wind in die sand
uit tregter verloop
eergister se genoot in eg
bly vandag se genoot binne die reg
geesgenote, sielsontmoetende oomblikke
verwaai oor sy duin se kruin
bedek in vrede die puin
so bitter soos aluin
waar genote balanseer op een noot
waar siele ontmoet in oënskynlike verdriet
waar skimme kom en gaan in aardse bestaan
daar is enigste lig en waarheid reëel
in Sy Lig en Waarheid
diep verskans
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.