Jongste aktiwiteit:

Droomkind

Droomkind staan en wink
witborsduif stil is die wind,
op die grys-ou-dag
sink wolke die dagbreek son
en die kaddige gebrom krokant.

Luister aandagtig na die ooptes van jou leë hart,
Die donker karnuffel jou vrese;
Verkieslik,vra jy hom:
“groen wye vlaktes,helder doublom sang”
Sing vir my die deuntjie van janneman kan.

Droomkind vat my hand
Droom my land,
Droom witfisant,
Droom ou-renoster
Droom maar net nog ‘n droom.

Droomkind het jy op die bok se rug gespring?
En verby die maan se donker traan gegly?
Het jy,het jy, by die begin,begin,
of dalk net dalk in die tronk beland?
Sonder jou vyftigrand?

©Mornê du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed