Jy is my sonskyn
Jy’s die son jy’s die maan
die sterre daarbo,
die rede dat ek lag
en die sprankel in my oë.
Jy’s die anys in my veerbeskuit
die kondensmelk in my tee.
Dis die senasie van jou lippe
wat lewe aan my passie gee.
Jy is die odeur van die veld
na die eerste lentereën,
die donder wat ʼn storm
soos ʼn slagorkes laat dreun.
Jy’s die tambloerslag
wat my geluk verklap,
wat my hartsmusiek op tempo bring ‒
en die rede dat ek saans in die bad vir jou
You are my sunshine sing!
©Loretta Szikra
20190909
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.