Jongste aktiwiteit:

Hunker

Hunker:

jou stem ontwaak die horison
jou oë bespied die vlaktes
‘n leeu opsoek na sy prooi
wanneer sal die hartstog dooi

verslint my met jou mond
ek dan jou prooi
smalend die maal
jou liefdestaal

opgepof uitgetooi
heuwels van aanbidding
versugtend starend verward
sal ek die woorde spreek
of bly ek maar net ‘n leek

verbuig my tak
ontwortel my…verlos my
van die liefdesnood
waarin hartstog haarself verloën

tot waarheid gesproke
net dalk nuuskierigheid gebroke

©Poetrydancer

@06/04/2015 & 11/07/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed