Exodus van ‘n stadskind (goud)
hoeveel keer moes jy jouself verskeur
dapper stapper stadskind?
vir die omkeer
voor die verweer
voor fakkels van vergeet
in die verdowende rinnewasie …
bemors is jou stad
en besoedel jou hart
van swetswonde tussen die gejaag
en letsels van ‘n tong
wat skuur aan uitgedroogte lippe-
want jou dorstigheid
jou sielloosheid
is die rotte wat aan jou knaag
in die kiltes van jou gees,
jy wat die wyn en haat uitspoeg
soos ‘n goedkoop ligtekooi
wat die drek van wellus
met ongesiende trane meng
en blind in neon strate sing-
hoor jy nog die kranse roep
met reveil,
en jy wat nog ‘n tuiste soek …
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek