Satan sang
Jy met jou lostorring snymessie tong torring al my nate los Jy kom lê en loer na alles wat ek doen Jy ruik my swakhede op Jy weet waar om jou nes te maak in die warboel van my siel Ek volg jou so sit-sit maar so draai die wiel. Torring maar satan torring maar […]
Die Ware Ek
Die Ware Ek Kul jou hier, kul jou daar, wat julle sien is nie ek maar bloot ‘n fassade waaragter die ware ek incognito skuil, ‘n skaduskim sku vir skerp lig se blootstelling— Janetta – Helena [ Babs] ©
Jou musiek
My gebroke siel ( wat vol fyn krakies wat gebreek en halfhartig gelas – wat haar beste probeer het om heel voor te kom maar steeds in stukke was ) het geheg die dag die oomblik toe ek jou die eerste keer hoor sing het – jou stem die passie in jou stem die voel […]
Die rooimaan droom.
… en dit was so duidelik soos daglig (al was dit in die aand) dat die seer wat ek gedink het gaan my breek het my toe skaars geraak. Jou houe en woorde en vloek op vloek op vloek het nie die eerste laag van my bestaan deurgedring nie. … en met ’n glimlag om […]
Ek onthou hoe vieslik jy gelyk het, ook hoe vieslik jy was.
Soms uit die bloute, dan kom maak jou reuk weer by my ’n draai. Soms sien ek die prentjie van jou verslonsde lyf wat voor my staan. Ek onthou hoe jou klere geskeur was jou bebloede oë die mengsels drank in jou asem jou stem het gestink jou vel het geblink jou woorde was hard […]
Kruispad
Reeds getrapte voetspore eggo in jou ore, die voete waarvandaan dit kom staan eers stil. Die reis neem ‘n pouse en jy gedwonge ook, want jou reeds geloopte pad spruit uit in drie. Die reeds geloopte pad is been vier, voor jou lê been een tot drie. Ienkie-pienkie-ponkie en die val van ‘n dice sal […]