Erik se Delusies
Erik stop voor die donker venster van die restaurant en maak eers seker dat sy voorkoms is soos hy dit wil hê. Beïndruk met homself, loop hy tot by die deur en verwag dat een van die kelners van binne die deur moet oopmaak. Hy betree die restaurant en kan voel hoe alle oë na […]
Skilderdoek klonte
Swart koffie drup filter ink Swart vlekke wat in my siel insink Versuip en smeer Smeer die gedagtes en visioene Deurmekaar in kleur klonte op ‘n hoop, in ‘n hoek Met vuil vingers smeer dit op my skilderdoek Verf strepe buite die lyne Slordige spatsels van random verlange Leë siele lê rond in tente Voos […]
Bloot menslik
ons is almal maar net mense ons maak foute ons kry seer stamp ons koppe kwes ons harte te onbeholpe, om te leer en ons krenk mekaar se egos ons kan onsself nie keer staan dan skansloos teen die terughou met bitter min, of klein verweer ons is almal maar net mense ons het letsels […]
RESENSIE: Die film, PHILOMENA
PHILOMENA, die film Philomena Lee, ‘n ierse meisie van veertien, het ‘n ou by ‘n kermis leer ken. Toe die swangerskap duidelik sigbaar was, is sy aan die Magdelena-Orde afgegee. Hier het sy met duisende ander ongetroude moeders in dosyne tehuise onder die swaarste ontberinge, as sondaar, haar lewe verbring. Haar familie het […]
naweek; DIE WENNER
In ‘n satire-komedie program op TV het ‘n vrou opgetree. So ene met ‘n verbete gesig, skewe mondhoek, plooie tussen die wenkbroue, gebalde vuiste in die heupe gestem. Weet mos. En sy het raad gehad vir depressie-lyers; ek plaas dit onder „Naweek” en nie onder „Donderdag” nie ten spyte van haar kwaai gesigstrekke. „Dink daaraan,” […]
donderdag: BOSES
Meestens dink ons dat die mense uit vorige eeue slegs goeies en mooies gesê het, om ons modernes te help. Soms was daar sekerlik ook maar ‘n paar skerp gedagtes wat hulle uitgespreek het. . Hy wat Boses praat, het vermaak daaraan; hy wat Boses doen, het sukses daarvan. . [Meng Tse, konfusiaanse filosoof (ong. […]
Skisofrenies
Vasgevang in enkelpaar en ingekanker op mekaar omswalk ons helder duisternis om van ons tweestryd te ontvlug want ons lewe as ‘n klug omdat ons tweekop reis. En daarom, juis deur vrees omspan, oorman deur angs, skree ons ons hees teen die middelskorting van jóú siel, mý gees in vrugtelose soek om tog net één […]
Veilige hawe
Knus pas die donker se jas om my psige wat rond tas, waar deurlating van lig slegs ‘n mite is. Selfs die ritseling van blare is ‘n droom wat net waar word in die roering van die wind, waar dit uit my longe rigting vind. Na buite, na bo verrys dit sonder stop of terugdraai, […]
Fyn lyn
In Ebbe swart wieg die silhouette teen die witlig geëts op die maat van ’n stormwind wat siele laat bedaar. Wyl harte aan die oorlog veg om vrede, klou dwase hande van nou vas aan die verlede. Die silhouete dans van winter na somer en verander die nugter in ’n dromer. En dans ek lomp […]
Kroniese siektelyers: moet ons nie leuenaars noem nie
“Mense het net kroniese siektes omdat hulle nie passievol genoeg is oor die lewe nie.” Hierdie stelling is sekerlik een van die simpelste en oningeligte stellings wat ek in ’n baie lang tyd gehoor het. Wel, dit en “Het jy al probeer om meer water te drink?” asof elke siekte onder die son (fisies en […]