Skisofrenies
Vasgevang in enkelpaar
en ingekanker op mekaar
omswalk ons helder duisternis
om van ons tweestryd te ontvlug
want ons lewe as ‘n klug
omdat ons tweekop reis.
En daarom, juis deur vrees omspan,
oorman deur angs, skree ons ons hees
teen die middelskorting van jóú siel, mý gees
in vrugtelose soek om tog net één te wees!
6 Kommentare
-

Ch Nel Venter
Sterk vers. Goed gepen.
-

Palet
Uitstekend geskryf!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Biljant!!!