My Oë
My Oë
My oë kan baie verhaal na jare
se waarneming en toeskouer speel—
Ek het so baie onreg aanskou,
en self beleef,
ontroosbare hartseer aanskou,
en self beleef,
ook groot vreugde aanskou,
en self beleef,
soveel skoonheid groot en aanskoulik gesien,
tot miniatuur reënbogies weerkaats in doudruppels,
asook soveel liefde en genade mildelik ontvang
en self ook gegee—
Oor al die lelik so pynlik seer swyg ons liefs
maar daar is geen oogdruppels
wat dit kan uitwas en uitwis van jou
geheue en oëskerm nie want jy onthou en
sien steeds al die voorvalle in tablo’s afspeel
want dis permanent in die grys sement
van jou brein ingebed
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe hierdie is baie mooi vasgepen.. dit vat mens se gedagtes op ver paaie!