Tere windvlaag
Fladder, flikker
in ‘n klein wit kol
‘n terugflits
in my gedagtes terug
Jy wat verby my siel
saam met gister se heimwee
sirkel golwe
om my hart kring
Met jou sagste sag
verswelg jy die binnekant
van my inne-kant
flits verby op ‘n tere windvlaag
jou warm glimlag
4 Kommentare
-
-
Arnold
Inderdaad sonder heimwee is die mens verlore.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
diepmooi Palet!