Bloot menslik
ons is almal maar net mense
ons maak foute
ons kry seer
stamp ons koppe
kwes ons harte
te onbeholpe, om te leer
en ons krenk mekaar se egos
ons kan onsself nie keer
staan dan skansloos teen die terughou
met bitter min, of klein verweer
ons is almal maar net mense
ons het letsels
ons het kruise om te dra
en soms moet ons vergifnis vra
maar die woorde bly ons faal . . .
en treur ons êrens
(diep hier binne)
sonder traan,
en sonder taal
C. Shaw
8 Augustus 2015
3 Kommentare
-
neels
Ons is almal mense met foute maar boeta maak n fout en die klipgooiers sak op jou toe
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
hoendervleis mooi!!!