Jongste aktiwiteit:

Filander en Koket

Filander en Koket [Minnelied]

Wanneer jy verslaap is alles deurmekaar
Woorde hangend in die lug
Afwagtend vir digvormliefkoosing
ʼn spieëlbeeld van Afrikaans my taal

So dwaal ek ongehinderd rond
gaan ek voort
Krap in die tuin
en in die grond
Maak wakker die slapende hond

Nou kyk net die stoutpootjies in my tuin
Hy is Filander en sy Koket
Flirt flirt gaan hul voort
Op teen die Appelliefie boom
Met hulle gevryery
Dink hulle nou dit is Adam en Eva se tuin

In Soetlandsit Afrikaans my taal
Waar jy die minnelied van woorde hoor
flikflooi my pen in die vrye uur
Afgeskilder in Afrikaans my taal
Hy is Filander en sy Koket

©MarietaCalitz[LadySoul]




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed