Jongste aktiwiteit:

Hunkerdroom

Waar slaap oor my kombers
en drome my insluk,
wandel ek in hunker
met hoop.

More wink my nader
terwyl die son oogknip-knip
en nog deurmekaar haar,
met slaap in die oog
na bo strompel en yl glimlag,
want later sal haar strale skater.

My hunkerdroom ontvou
in beelde van jou, van nou
en ek weet dis beter
om net die mooi te onthou.

©Velma Barnard
01/08/2016




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed