Anders stil
Binne my is dit stil
selfs my gedagtes
se eggo’s ontbreek.
Kalmte stap langs die stille poele
en ek voel…dis anders stil.
Die skadu’s speel vandag elders,
verder weg van hier en nou
dalk bo in die hemelblou
Vrede kamp langs die harts vuur uit
en ek voel…dis anders rou.
©Velma Barnard
04/08/2016
2 Kommentare
-
Arnold
Goed verwoord jy die stilte hier.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
baie mooi Velma!