Suiderkruis
Die lug lê alkant, bokant, wolkloos bloot
en die sterre skitter duisende van jare
en ek? Ek dommel willoos in my sloot
soos sooie voor die ploeg se skare
om vars op wieke van die na-nag wind
hulpeloos maar net te lê en wag en wag
op tyd wat alles tydloos help ontbind;
ja, selfs die roos eens tooiend in haar prag…
Maar die Suiderkruis hang op die rant se kant
om in my siel my God se liefde vas te brand.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.