Gebed van ‘n dowe
My lippe wil luid U Grootheid besing,
aan U, troue Heer, my danklied U bring.
Al lê die dood in die skulp van my oor
gee U tog oordadig aan my sien die gehoor ;
word sig van kleur gevormde klank in my brein;
word skoenlapperfladder eteries refrein;
die heen-en-weer-wieg van grassies en blaar
hoorbaar geritsel op die aandwind se snaar.
As so my oog U skepping beluister
vra ek, met dít wat sielvol bly fluister:
“Ag Here, hoor tog dié dowe se nood!
Soos met Laz’rus uit die dood opgewek,
skep lewe weer núút in my ore so dood.”
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Baie goed verwoord.