Ontvlugting
Ontvlugting
Ek wil ontvlug
in die sublieme skoonheid
van woord en lied—
Ek wil ontvlug
in sielsverrykende gedagtes
wat my lig uit die sleur van
die daaglikse
alledaagsheid
met raaksê ongekruide woorde
met ryke betekenis en impak
dat ek op wieke van skoonheid
‘n wyle platvloersheid ontvlug—
O, ek wil ontvlug
in al die hemelse melodieë
en woorde wat in my kop draai.
Ja, ek wil ontvlug
in die sublieme skoonheid
van woord en lied—
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Goed verwoord jy die ontvlugting hier.