
POPLAP
Stukkend.
Neergesmyt.
Jou voet in skerwe opgebreek.
Weer vasgeplak, gegom.
Elk’ deeltjie op sy plek.
Dis jy, my kind.
Hoe word jou hart
weer heelgemaak?
En watse gom
sal hom kan plak?
Jesus bloed is gom vir jou.
Die stukkies opgetel,
‘n plek gekry,
vasgeplak en toegedraai.
As iemand kyk,
sal niemand weet
jou hart is vasgeplak met
Gods vergifnisgom.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Die mens rekonstrueer, maar God gee die algehele genesing.