Groot skryf kompetisie amper op sy einde
Vriende ons is by Augustus en die einde van die kompetisie word nou in dae getel. Ek wil al die lede wat deel is van die groot skryf kompetisie net weer herinner aan die feit dat ek van 1 – 9 September 2016 die volledige inskrywings moet ontvang.
Jou volledige inskrywing (maw AL jou plasings op INK asook dit wat moontlik nog kort om jou vereiste 120 bladsye te vul) moet aangestuur word na skryfafrikaans@ink.org.za sodat die Ink moderators die keuse van die 5 beste en ook tegnies goedversorgde inskrywings kan doen om vir die borge te kan voorlê sodat hulle die finale wenners kan kies. Let wel: Beoordeling word op die reeds geplaasde inskrywings op INK en die volledige boek/bundel in totaliteit gedoen. Die wenners sal dan op die Gala-aand van 22 Oktober 2016 bekend gemaak word en gaan hulle ook hulle pryse in ontvangs neem. Lede wat ingeskryf het moet asb daarop let dat die wenners soos deur die borge gekies, sal staan en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Daar is egter groot verassings vir die wat nie ‘n prys gewen het nie.
VEREISTES:
1. Jy moet jou werk as ‘n word.doc deurstuur in A5- Arial skrif 10 Bladuitleg lynbreuke op “0” gestel”. (Gaan asb deur vir spelfoute!!) (Page layout – spacing set on 0) Nommer jou bladsye. Jy het nie nodig om enige bladuitleg te doen nie, dit sal deur Mar-leo gedoen word. Plaas asb bv. 1 gedig per bladsy sodat jou werk netjies vertoon en maklik is om te lees en te beoordeel.
2.Plaas al jou werk wat reeds op INK verskyn het en dan eers kan jy byvoeg dit wat nog kort om jou publikasie vol te maak. Beoordeling sal daarvolgens gekontroleer word.
3.Beeldmateriaal wat jy by jou werk wil gebruik moet tot die minimum beperk word aangesien dit die koste van die drukwerk beinvloed. Jy moet ook oor die kopiereg van die betrokke beeldmateriaal beskik alvorens dit gebruik kan word.
4. Jou moontlike publikasie moet die voorgeskrewe 120 bladsye wees. (100 bladsye publikasie die res sal bestaan uit die inhoudsopgawe, biografie, Inleiding, ISBN nr ens. Hierdie inligting sal deur die publiseerders bygevoeg en vir die wenner gratis gedoen word)
5. Jou volledige kontakbesonderhede moet op die dokument voorkom.
6. ‘n Kort biografie en ‘n duidelike foto van jouself.
7. ‘n Foto/skets van jou beplande voorblad
Die lede wat verdere hulp nodig het, kontak my asb.
4 Kommentare
-
Arnold
Anze ek sal graag 'n foto by elke gedig wil plaas, om die impak daarvan beter weer te gee. Kan dit so gedoen word? Wat is die vereiste in verband met die grootte en gewig (KB) van elke foto? Ek glo nie een van ons het 'n ISBN no. nie? Wat is die prosedure om so 'n ISBN no. te bekom? Wat van die verhaal wat dalk ongeveer 110 bl gaan beloop? Gedigte is nie 'n probleem nie.
-
Viooltjie
Dankie, Anze. Ek verstaan nou beter wat om te doen :-)
-
Viooltjie
Dankie, Anze.k is bly om te sien ons het so bietjie meer tyd :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Anze, moet ons dan al ons gedigte wat ons geplaas het op INK en vir die kompetisie gemerk het, in die dokument insluit?