Jongste aktiwiteit:

Jou musiek

My gebroke siel

( wat vol fyn krakies
wat gebreek
en halfhartig gelas –
wat haar beste probeer het
om heel voor te kom
maar steeds
in stukke was )

het geheg
die dag
die oomblik
toe ek jou
die eerste keer hoor sing het

– jou stem
die passie in jou stem
die voel
die verlange
die seer –

jou stem het my
(siel)
opgetel en elke stuk daarvan
tussen die sterre laat sweef
tot ek geweet het
die tyd
die oomblik
is nou.

Jy het –
jou stem het my
(siel)
stadig
sag
grasieus en geluidloos
laat neerdaal aarde toe

en elke stuk van my
(gebroke siel)
wat in die volgende een pas
het met jou elke noot

geheg.

 

(Anria © 24/02/2016)




... daar is altyd Hoop.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed