Jongste aktiwiteit:

Wat die hart van vol is

daar’s ‘n gat in my, het ek gedink
verlies se smart wou my laat verdrink
toe sien ek in: jou vreugde en lag
het my hart kom vul; my oë blink

© Doret Johnstone-Robertson, 26 Februarie 2016




Gedigte kom dans graag deur my gedagates en dan kan my vingers nie anders as om 'n paar passies met 'n pen oor papier te maak nie. Daar is 3 selfgepubliseerde boeke op my kerfstok (1 kortverhale bundel vir vroue en kinders; 2 digbundels) en my volgende digbundel is op pad. Kontak my gerus as jy enige navrae het by doretj@gmail.com. Ek waardeer almal se lees van en kommentaar oor my werk en versoek julle om my werk as my eie te respekteer en my kopiereg te eer.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed