STERK STILTES (BRONS AFDELING)
STERK STILTES (BRONS AFDELING) (persiese kwatryn) Honderde jare het alreeds verloop; helde het dikwels hul siele verkoop; dinge het sedertdien so verander, tog het die mens nie verleer glo en hoop. Op die water het sy hom weggesteek en die farao se spul wette verbreek: die profetiese koms moes voltooi word – sý was die […]
Oorlewing
Oorlewing Kruipende koue teen my rug hitte-loos alleen murglose binne gevries, ruggraatlose skelm skimme. Gedroogde ys murgbene flenters gestampte skene slenterstukkies speel met hartpsige konflik. Geraamtes wyd gesaai, innerlike boei Houdini van haat se werklikheid denke en psige se vryheid. Siellose maatbeker, vol verraad, vernietig soos ‘n vis se luglose asemsnak vlugtend op damwal. ©️ […]
Stemme
Was dit Carroll of Hubbard wat gesê het “‘n ware vriend weet alles van jou af, maar bly steeds lief vir jou”? Ek’s seker dit was Hubbard. Carroll was meeste van die tyd te hoog op boom om sulke insiggewende wyshede te skryf. Wie dit ook al was, was reg. Dít is wat Bessie vir […]
DROOMBLIKSEM!
DROOMBLIKSEM! Wag, moenie gaan nie! Maar jy doen dit wrágtag weer. Stilslapers sal die juksta nooit verstaan nie, jou REM-ritme bedwelm als heen en weer. Saans pers jou wit pille vol beloftes my af: skep afwagting maar verlam my. Jy vat dan pad en lag my uit. Angstig ingehok, wil ek jou telepaties indraf … […]
Vir Sy splinternuwe Kind
Vir Sy splinternuwe Kind. In grys, op heuwel, deur newels verberg goedkoop sloop onkundiges die rykdomsberg heuwelhoog stroom hoop, reën feite in trane uit ‘n liggaam verskeur gedane vasgespyker aan groet en bloed hang Wonderbaar’smoed In klip en gruis – vergruis aan ‘n kruis skeur vleis as lewensspys swyg stig stik ruk sig traan-oë wat […]
VAN VOOR AF
VAN VOOR AF Eet my! Eet my uit! Sodat almal dit weet en my nooit sal vergeet: Daar’s iets wat my siel bly verniel; my derms uitryg en my asem uitsuig. Dan my wese uitspoeg en my kaal laat bly lê. Jy vréét my! Jy vreet my uit my lewensbaan. Uit my wilsbestaan. Jy goël […]
GRENSMENS
GRENSMENS Sy’t belowe sy kom terug. Sy was nooit weg nie; is ook nie hier nie – tas steeds bedwelmd rond in die lug. Voel niks méér as haar skadu’s teen die muur nie. Dans op tafels, maak amok en land dan op straat – net ’n dolleë siel. Binne-die-lyne-inkleur kon haar oerverlede nie uitwis: […]
Ontkoppeling
ONTKOPPELING Oop en bloot onbeskaamd arrogant Gooi jy jou strikke argeloos roekeloos halsstarrig onophoudelik voor my voete neer glo jy in jou duister sinsbedrog dat jy my indien nie nou dan eendag tog noodlottig sal verwond Besef jy nie dat ek onaantasbaar is en vlekkeloos wit in lewe of in dood? Dat ek daagliks sonder […]
Die kuns van skryf
Woord vir woord uit die siel gepars drup skarlaken druppels rooi maar mooi Doop die veer in jou eie diepste seer Spelonke lanklaas besoek eggo’s van verlore wat jy vir ewig bly soek Stalagmiet van hoop het in my hart opgeskiet Oorhang deur stalaktiet van verdriet hart afgeskiet Veer gedoop in vlam daarmee graniet graveer […]