Ontkoppeling
ONTKOPPELING
Oop en bloot
onbeskaamd arrogant
Gooi jy jou strikke
argeloos
roekeloos
halsstarrig onophoudelik
voor my voete neer
glo jy in jou duister
sinsbedrog
dat jy my
indien nie nou
dan eendag
tog
noodlottig
sal verwond
Besef jy nie
dat ek
onaantasbaar is
en vlekkeloos wit
in lewe
of
in dood?
Dat ek
daagliks
sonder rus
of vrede
vanuit my sielenood
steeds
jou lafhartige
meedoeënloosheid
ten spyt
onophoudelik
bid
en glo
en hoop
op daaglikse lewensbrood
ewige verlossing van die vreesaanjaende
dood?
Ek weet verseker
nes jy
dat ons altwee
binnekort
terselfdertyd
totaal ontbloot
voor Hom
sál
rapporteer
ek as Sy kind
sal regop
mag bly staan
gewas deur Reddersbloed
rein
onskuldig bevind
Jy
as verwoester
sal
oop en bloot
onthul
ontmasker word
platgeslaan
ten gronde gaan
Ek sal bly
uiteindelik vry
van jou lewenslange
teistering
vir ewig genees
van jou
godslasterlike
ontheiliging
Jy sal
skuldig verklaar
val
spyt
te laat
op vlug probeer slaan
Ek kyk
op
met engelekoor
op
vlerke van geluk
Sy hemelwoning
my toekoms
tegemoed
Jy
kyk af
word weggesleep
tande knersend
te laat vir trane
jou eie
duister
verdoemenis in
Jy ewigedurend
in kettings gebind
gevange
deur jou eie
dade
Ek ongebonde
ongehinderd
onsterflik
vry
Fanus Strydom
3 Kommentare
-
Elizabeth
Sjoe, treffend mooi Fanus!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek