Vandag
Ek voel dit vandag
daardie ander wêreld is soos
‘n prentjie
ek sien dit, maar
kan dit nie proe nie
my penpal bly in Durban
en was nooit by die see
as ek nader kom
trek die goordyne toe
‘n boot reis verby, stroop-stadig
alles so ‘pretty in the sky’
alles so ‘bright blessed day’
hierdie prentjies …
terwyl, soos ‘n salf, brood en konfyt
saam met soet-swart Ricoffy
in my keel afsak
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.