
Ekke
As my skrywe se ink opdroog
maar denke nie rus wil kry
word ‘n warrelwind gemoed
net verder gevoed
‘n wete van onvolmaaktheid
geweeg en te lig gevind
en verder gekortwiek
deur twyfel wat groei
eie selfbeeld wat bloei
en ek ‘n groot gek
deur eie ek
geleef en te lig gevind.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.