skep
–
uitgeput buk hy
en skep ‘n handvol water
uit die koel water stroom
langs hom gaan lê een
op sy maag en drink
–
so eenvoudig is dit
een skep met sy hand
die ander drink gulsig
met sy volle mond
net een aanvaar
–
opregtheid is raar
sin vir dringendheid
nog skaarser in die lewe
hoe dikwels fouteer
ons deur nie te dink
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.