Jongste aktiwiteit:

DROOMBLIKSEM!

DROOMBLIKSEM!

Wag, moenie gaan nie!
Maar jy doen dit wrágtag weer.
Stilslapers sal die juksta nooit verstaan nie,
jou REM-ritme bedwelm als heen en weer.

Saans pers jou wit pille vol beloftes my af:
skep afwagting maar verlam my. Jy vat dan pad en lag my uit.
Angstig ingehok, wil ek jou telepaties indraf …
onbeholpe agterna … Maar jy fladder wawyd vooruit!

Narsisties skim jy bedags jou droomlyf en gee my vals hoop.
Terwyl ek saam “EFT-tap” aan jou wiegiemeditasies, verdwyn jy. Swein!
Dis jou “game”: oë wys, flikflooi, dan weer op loop.
Naïewe ek glo jy sal nou-nou weer verskyn.

Sonop, sonsak … jy bly weg. Ek mediteer-medikeer weer tot diep in die nanag.
Slaap my kindjie, slaap tog sag. Jou naam dra al ’n gal bekoring.
Jy verniel en dreineer my; jou leuens uitmergel my; en jy lag
manies omdat hierdie stupid kindjie steeds wag op jou, Slaap, jou vranksoete vreemdeling.

Ag, bly net ‘n rukkie, ek nodig jou! Wees vir my die maat
wat net een aand by my waak tot my donkerte verdroom.
Ek wil ook môre oor “magic” wêrelde kan saampraat.
Maar poef … jy’s weg. Weereens versaak deur jou, sielsiek Droombliksem, só vroom.

@Charlene Jordaan Kotzé 2022




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed