Verlatenheid
mag ek dan eens, langs stille waters
waar jy soos nuwe daglig lokkend wink
vir laas, ineengestrengel
vól drome, diep wegsak in donker poele
en sink
om wég te breek van Vrystaat vlaktes
van dae se menswees, om Sy ontwil
in der ewigheid geskik
Godsvresend eng te wandel
so moeg, alleen
bevrees in my slaap
nágte deur, ‘n wanhoops-gil
en dae lank, dieselfde pad
heen en weer geroetineerd
van werk na huis na werk
doelloos, moeg, alwetend vol berou
vry geword het, onbeseerd
om my alleen te laat
gekruisigd teen ‘n oú weerkaatsing
sterwend alleen, vol bewing
oorgegee aan hierdie laaste wanhoopsdaad
om vir laas, ineengestrengel
vól drome, diép weg te sak in donker poele
en te sink
te sink
te sink
(labri ©)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.