Jongste aktiwiteit:

Liefdeshart

Ek gee my hart aan jou
om liefdeslelies in te plant
Jy laat omgeestrome vrylik vloei
fyn rooi passierose verskyn
jy rig die gebreekte wingerd weer op
om ons liefdes vrug te dra
moedig bang rankrosies aan om te ontknop
met groot geduld en verdraagsaamheid
koester jy die skaam viooltjies
verwyder jy die koppige onkruid
as my dorings jou per ongeluk steek
is jy die een wat my vergeef
so bewerk jy heel my hart in ‘n liefdes-tuin
waar ons voluit vir mekaar kan leef




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed